Ecclesiastes 1:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het al die werke gesien wat onder die son gedoen word; en kyk, dit is alles tevergeefs en 'n kwelling van die gees.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het al die dade gesien wat onder die son gedoen word, en kyk, alles was sinloos, ’n gejaag na wind!
Afrikaans 1933/1953
Ek het al die werke gesien wat onder die son gedoen word, en kyk, dit was alles tevergeefs en 'n gejaag na wind.
Afrikaans 1983
Ek het alles wat in hierdie wêreld gebeur, bekyk: alles kom tot niks, dit is 'n gejaag na wind.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het gekyk na alles wat gedoen word onder die son: Kyk, dit alles is sinloos, 'n gejaag na wind.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het gekyk na alles wat die mense in hierdie wêreld doen, en ek het gesien dat niks is soos dit moet wees nie, die mense jaag wind.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het alles gesien wat mense op aarde doen. Net mooi alles was sinloos; ’n gejaag agter wind aan.