Ecclesiastes 1:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat krom is, kan nie reguit gemaak word nie, en wat ontbreek, kan nie getel word nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Wat krom is, kan nie reguit gemaak word nie. Wat weg is, kan nie getel word nie.
Afrikaans 1933/1953
Wat krom is, kan nie reguit word nie, en wat ontbreek, kan nie getel word nie.
Afrikaans 1983
Wat krom is, kan nie reguit word nie; wat nie daar is nie, kan nie getel word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wat krom is, kan nie reguit word nie; wat ontbreek, kan nie getel word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
'n Mens kan nie iets wat krom is, reguit maak nie, en jy kan nie iets tel wat nie daar is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit is presies soos die spreekwoord sê: “As iets krom is, kan niemand dit reguit maak nie, want niemand kan die wêreld verbeter nie.”