Ecclesiastes 1:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het met my eie hart gepraat en gesê: Kyk, ek het in 'n groot toestand gekom en meer wysheid verkry as almal wat voor my in Jerusalem was; ja, my hart het 'n groot ervaring van wysheid en kennis gehad.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het vir myself gesê: “Ek is verstandiger as al die konings wat voor my oor Jerusalem regeer het. Ek het meer insig en kennis as enigeen van hulle verkry.”
Afrikaans 1933/1953
Ek het met myself gespreek en gesê: Kyk,,k het groot en altyd groter wysheid verwerf bo almal wat voor my oor Jerusalem gewees het, en my hart het baie wysheid en kennis gesien.
Afrikaans 1983
Ek het by myself gedink: ek het meer wysheid as almal wat voor my in Jerusalem geregeer het, ek het baie ervaring en insig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het vir myself gesê: Wat my betref, kyk, ek het wysheid opgebou en vermeerder, meer as enigiemand wat voor my oor Jerusalem geheers het. My hart het baie insig gekry in wysheid en kennis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het gedink dat ek baie wysheid gekry het, meer wysheid as almal wat voor my oor Jerusalem regeer het. Ek het baie wysheid gekry en ek weet baie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het by myself gedink dat ek oor die jare sommer baie wysheid en lewenskennis versamel het. Baie meer as enigeen wat voor my in Jerusalem regeer het. Al die kennis en wysheid het deel van my lewe geword.