Ecclesiastes 1:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ek het my hart gegee om wysheid te leer ken en waansin en dwaasheid te ken;
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het my daarop toegespits om kennis en insig van domheid en dwaasheid te onderskei. Maar ek het besef: Ook dít is net ’n gejaag na wind.
Afrikaans 1933/1953
Maar toe ek my hart daarop gerig het om wysheid en kennis, onverstandigheid en dwaasheid te leer ken, het ek ingesien dat dit ook 'n gejaag na wind is.
Afrikaans 1983
Ek het my daarop toegelê om te verstaan wat wysheid en kennis is, en wat dit is om 'n gebrek aan wysheid en kennis te hê. Ek het vasgestel: ook dit is 'n gejaag na wind.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe het ek my daaraan toegewy om wysheid en kennis, domheid en dwaasheid te verstaan. Ek het besef dat selfs dit die najaag van wind is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het hard probeer om te verstaan wat wysheid is en wat dit is om dinge te ken. Ek het ook probeer verstaan wat dit is om nie wysheid te hê nie en 'n dwaas te wees. Ek weet nou dat almal wind jaag.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe het ek besluit om die verskil tussen wysheid en kennis aan die een kant en domheid en dwaasheid aan die ander kant te leer ken. En ek moet erken dat daar eintlik geen verskil is nie. Alles is maar ’n sinlose gejaag na wind.