Ecclesiastes 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Watter baat het 'n man van al sy arbeid wat hy onder die son doen?
Afrikaans (NLV) 2011
Watter voordeel kry mense vir al hulle harde werk, hulle inspanning onder die son?
Afrikaans 1933/1953
Watter voordeel het die mens van al sy moeite waarmee hy hom vermoei onder die son?
Afrikaans 1983
Wat kry die mens vir sy geswoeg, sy geswoeg in hierdie wêreld?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Watter voordeel is daar vir 'n mens met al sy inspanning waarmee hy hom afsloof onder die son?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
'n Mens werk hard, maar wat kry hy vir alles wat hy doen? Wat kry hy vir alles wat hy in hierdie wêreld doen?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Elke dag werk jy hard, maar wat kry jy van al jou gesukkel?