Ecclesiastes 1:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die son gaan ook op en die son gaan onder en haas hom na sy plek waar hy opgegaan het.
Afrikaans (NLV) 2011
Die son kom op en gaan weer onder; hy haas hom terug na waar hy opkom.
Afrikaans 1933/1953
En die son gaan op, en die son gaan onder, en hy hyg na die plek waar hy opgaan.
Afrikaans 1983
Die son kom op, die son gaan onder, en dan haas hy hom weer na waar hy opkom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die son kom op en die son gaan onder, en haas hom na sy plek waar hy opkom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die son kom op en die son gaan onder, en hy is haastig om weer te kom by die plek waar hy opgekom het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Elke dag kom die son op. Teen sononder gaan dit moeg onder, maar die volgende oggend staan dit weer op.