Ecclesiastes 1:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die wind gaan na die suide en draai na die noorde; dit dwarrel gedurigdeur, en die wind keer terug volgens sy kringe.
Afrikaans (NLV) 2011
Die wind waai na die suide en draai na die noorde. Dit dwarrel om en om, en gaan weer in sy sirkelgang.
Afrikaans 1933/1953
Die wind gaan na die suide en slaan om na die noorde, gaan altyddeur rond, en die wind keer na sy kringloop terug.
Afrikaans 1983
Die wind waai suid, draai noord, waai hierheen en daarheen en dan draai hy maar weer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die wind waai na die suide en draai na die noorde. Dit bly draai en draai – op sy kringloop keer die wind telkens terug.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die wind waai na die suide en dit draai na die noorde, dit draai en draai, die wind waai en dit hou nie op om te draai nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
En die wind waai eindeloos heen en weer. Dit waai nou dié kant toe en dan weer daardie kant toe.