Ecclesiastes 1:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Al die riviere loop in die see; tog is die see nie vol nie; na die plek waar die riviere vandaan kom, daarheen keer hulle terug.
Afrikaans (NLV) 2011
Die riviere vloei in die see, maar die see word nooit vol nie. Die water gaan weer terug na die riviere toe, en keer terug na die see.
Afrikaans 1933/1953
Al die strome loop in die see, en tog word die see nie vol nie; na die plek waarheen die riviere loop, daarheen loop hulle altyd weer.
Afrikaans 1983
Al die riviere loop in die see in, maar die see word nooit vol nie. Die riviere hou aan om te loop na die plek toe waarheen hulle altyd geloop het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Al die strome vloei na die see, maar die see word nie vol nie. Na die plek waarheen die strome vloei, daarheen vloei hulle altyd weer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Al die riviere vloei in die see in, maar die see word nie vol nie. Die riviere vloei altyd na dieselfde plek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Al die riviere loop see se kant toe, maar die see word nooit vol nie. Die riviere se loop see toe bly altyd dieselfde. Hulle vat altyd dieselfde pad.