Ecclesiastes 1:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat was, dit is wat sal wees; en wat gebeur, is wat gedoen sal word; en daar is niks nuuts onder die son nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Niks wat gebeur, is nuut nie. Wat gedoen is, sal weer gedoen word. Daar is niks nuuts onder die son nie.
Afrikaans 1933/1953
Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
Afrikaans 1983
Wat was, sal weer wees; wat gebeur het, sal weer gebeur. Daar is niks nuuts in hierdie wêreld nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wat ook al gebeur het, dit is wat gaan gebeur; en wat ook al gedoen is, dit is wat gedoen gaan word. Daar is niks nuuts onder die son nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die dinge wat daar was, sal weer daar wees. Mense sal weer die dinge doen wat hulle altyd gedoen het. Daar is niks wat nuut is in hierdie wêreld nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wat reeds gebeur het, sal maar weer gebeur. En wat mense tot nou toe gedoen het, sal hulle maar môre en oormôre weer doen.