Ecclesiastes 10:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ja ook, wanneer hy wat 'n dwaas is, op die pad wandel, begewe sy wysheid hom, en hy sê vir elkeen dat hy 'n dwaas is.
Afrikaans (NLV) 2011
Jy kan dwase mense uitken net aan die manier waarop hulle in die straat stap.
Afrikaans 1933/1953
Ja, ook as die dwaas op die weg wandel, ontbreek sy verstand; en hy sê aan elkeen dat hy 'n dwaas is.
Afrikaans 1983
Selfs waar die dwaas met die pad langs loop, ontbreek sy verstand; hy wys vir almal dat hy 'n dwaas is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Selfs op pad, soos 'n dwaas vorder, toon hy 'n gebrek aan insig; hy gee aan elkeen te kenne dat hy dwaas is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ook wanneer die dwaas op 'n pad loop, dan kan mense sien dat hy nie verstand het nie, hy wys vir almal dat hy 'n dwaas is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Dwaas leef op so ’n manier dat almal sy dwaasheid agterkom.