Ecclesiastes 10:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wie klippe verwyder, sal daarmee beseer word; en hy wat hout kloof, sal daardeur in gevaar wees.
Afrikaans (NLV) 2011
As jy klippe kap, kan jy beseer word. En as jy hout kap, kan dit gevaarlik wees.
Afrikaans 1933/1953
Wie klippe uitbreek, kan hom daarmee seermaak; wie hout klowe, kan daardeur in gevaar kom.
Afrikaans 1983
Wie klippe afbreek, word daardeur beseer, wie hout kap, moet versigtig wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wie klippe uitbreek, kan homself daarmee beseer; wie hout kloof, kan daardeur in gevaar kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wanneer iemand klippe breek, dan sal die klippe hom miskien seermaak, wanneer iemand bome afkap, dan moet hy versigtig wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wie stene losbreek, kan beseer word. Wie hout kap, kan seerkry.