Ecclesiastes 11:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Gooi jou brood op die water, want ná baie dae sal jy dit vind.
Afrikaans (NLV) 2011
Gooi jou brood op die water, want na ’n lang tyd kry jy dit terug.
Afrikaans 1933/1953
Werp jou brood uit op die water, want nverloop van baie dae sal jy dit vind.
Afrikaans 1983
Werp jou brood op die water, eendag kry jy dit terug.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Stuur jou graan oor die water, want ná baie dae kan jy dit terugkry.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As jy iets het waarvan jy moet lewe, en jy stuur dit weg op die water, dan sal jy dit miskien ná 'n lang tyd terugkry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Waag soms ’n kans met ’n belegging. Wie weet, dit verras jou dalk nog eendag.