Ecclesiastes 2:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het in my hart gesê: Gaan nou, ek sal jou met vreugde op die proef stel; geniet daarom plesier; en kyk, dit is ook nietigheid.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het vir myself gesê: “Kom ek beproef plesier, en geniet die lewe!” Maar ook dit was sinloos!
Afrikaans 1933/1953
Ek het in my hart gesê: Nou ja, ek sal jou met vreugde op die proef stel; geniet dan die goeie! Maar kyk, ook dit was tevergeefs.
Afrikaans 1983
Ek het by myself gedink: laat ek my oorgee aan plesier, laat ek die lewe geniet! Maar ook dit het niks opgelewer nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het in my hart gesê: Kom, ek laat jou plesier uittoets. Geniet wat goed is! Maar kyk, ook dit was sinloos.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het toe gedink: Ek sal myself toets. Ek sal vrolik wees en die lewe geniet. Ek het dit gedoen, maar toe was dit ook nie soos dit moet wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het toe besluit om die lewe te geniet en uit te vind wat vreugde nou eintlik is. Ook dit was ’n sinlose gejaag na wind.