Ecclesiastes 2:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het ek gesien dat wysheid die dwaasheid oortref, so ver as die lig die duisternis oortref.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het wel gesien dat wysheid meer waarde het as dwaasheid, net soos lig beter is as donkerte.
Afrikaans 1933/1953
Wel het ek gesien dat die wysheid die voorkeur het bo die dwaasheid soos die lig die voorkeur het bo die duisternis:
Afrikaans 1983
Dit het ek wel ingesien dat dit 'n mens meer baat om wysheid te hê as om dit nie te hê nie, net soos lig 'n mens meer baat as duisternis.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het ingesien dat daar 'n voordeel is aan wysheid bo dwaasheid, soos die lig 'n voordeel is bo die duisternis.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het uitgevind dat dit beter is om wysheid te hê as om 'n dwaas te wees, dit is dieselfde soos lig wat beter is as donker.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
En my slotsom? Soos ’n lig in die donker beter is as niks nie, so is wysheid beter as domheid.