Ecclesiastes 2:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die wyse man se oë is in sy kop; maar die dwaas wandel in die duisternis, en ek het self ook gemerk dat een gebeurtenis met hulle almal gebeur.
Afrikaans (NLV) 2011
Want wyse mense kan sien waar hulle gaan, terwyl die dwaas in die donker loop. Maar tog het ek besef dieselfde lot tref sowel wyses as dwase.
Afrikaans 1933/1953
die wyse het sy oë in sy hoof, maar die dwaas wandel in die duisternis. Maar ek het ook ingesien dat een en dieselfde lot hulle almal tref.
Afrikaans 1983
Die wyse weet wat hy doen, vir die dwaas is daar net donkerte, maar dit weet ek: een en dieselfde lot tref albei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die wyse het oë in sy kop, maar die dwaas verkeer in die duister. Ek het egter ook besef dat dieselfde lot beide tref.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As iemand wysheid het, dan sien hy wat rondom hom gebeur. 'n Dwaas is soos iemand wat in die donker lewe. Maar ek het hierdie les geleer: Die dinge wat met een mens gebeur, gebeur met almal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Wyse kan dus sien waar om te loop en die dwase nie. Een ding het ek egter ontdek: dieselfde lot tref wyse en dwase mense.