Ecclesiastes 2:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê ek in my hart: Soos dit met die dwaas gebeur, so gebeur dit ook met my; en waarom was ek dan wyser? Toe het ek in my hart gesê dat dit ook nietigheid is.
Afrikaans (NLV) 2011
“As my lot dieselfde is as dié van dwase, wat is die sin om wys te wees?” het ek my afgevra. Ek het besef dit is ook alles sinloos.
Afrikaans 1933/1953
Daarom het ek in my hart gesê: Dieselfde wat die dwaas tref, sal my ook tref; waarvoor was ek dan so buitengewoon wys? En ek het in my hart gespreek dat dit ook tevergeefs is.
Afrikaans 1983
Ek het by myself gedink: die lot van die dwaas sal my ook tref, wat help dit my dan dat ek soveel wysheid het? En ek het vir myself gesê: Ook dit kom tot niks.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe het ek in my hart gesê: Die lot van die dwaas sal my ook tref. Waarom is ek dan buitengewoon wys? Ek het vir myself gesê dat ook dit sinloos is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het vir myself gesê: Die dinge wat met 'n dwaas gebeur, sal ook met my gebeur. Het al my wysheid vir my gehelp? Nee. En ek het gedink dit is ook nie soos dit moet wees nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
En ek het hiermee geworstel. As dieselfde dinge met die wyse én die dwase gebeur, wat is dan die sin van al my wysheid? Ek het toe besef daar is geen sin nie. Die lewe is absoluut sinloos.