Ecclesiastes 2:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want daar is geen gedagtenis aan die wyse meer as aan die dwaas vir ewig nie; aangesien dit wat nou in die dae kom, alles vergeet sal word. En hoe sterf die wyse man? as die dwaas.
Afrikaans (NLV) 2011
Want die wyse mens en die dwaas gaan albei dood, en niemand onthou hulle nie. In die toekoms word albei vergeet!
Afrikaans 1933/1953
Want daar sal op die duur net so min gedagtenis wees van die wyse as van die dwaas, omdat in die dae wat kom, alles lankal vergeet is; en hoe sterf die wyse net soos die dwaas!
Afrikaans 1983
Die wyse sal net so min as die dwaas altyd onthou word. In tye wat kom, word alles vergeet. Die wyse sterf net soos die dwaas!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daar is immers geen blywende herinnering aan die wyse nie, net so min as aan die dwaas. In die dae wat kom sal alles lank reeds vergete wees. Ag, hoe sterf die wyse net soos die dwaas!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
want die mense sal nie 'n dwaas lank onthou nie, maar hulle sal ook nie 'n wyse mens lank onthou nie. Hulle vergeet hom gou in die tyd wat later kom. Dwase mense sterf, en wyse mense sterf ook.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die wyse en die dwase gaan albei die een of ander tyd sterf. En die mense gaan die wyse gou vergeet en die dwase ook nie lank onthou nie.