Ecclesiastes 2:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom het ek die lewe gehaat; want die werk wat onder die son gedoen word, is vir my swaar, want alles is tevergeefs en geeskwaal.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek was nie meer lus om te lewe nie, want wat onder die son gedoen word, het my teleurgestel. Alles is sinloos en ’n blote gejaag na wind.
Afrikaans 1933/1953
Daarom het ek die lewe gehaat, want die werk wat onder die son gedoen word, het my mishaag, omdat alles tevergeefs is en 'n gejaag na wind.
Afrikaans 1983
Ek het die lewe gehaat, want alles wat in hierdie wêreld gebeur het, het vir my sleg afgeloop. Alles kom tot niks, dit is 'n gejaag na wind.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het 'n weersin in die lewe gekry, want wat onder die son gedoen word, het my gegrief; ja, dit alles is sinloos en 'n gejaag na wind.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom het ek begin om die lewe te haat. Die dinge wat mense in hierdie wêreld doen, het vir my verkeerd gelyk, want niks is soos dit moet wees nie. Mense jaag wind.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die lewe het vir my alle betekenis verloor, want niks op aarde het sin nie. Alles is sinloos en net ’n gejaag agter wind aan.