Ecclesiastes 2:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ja, ek het al my arbeid gehaat wat ek onder die son gedoen het, omdat ek dit sou oorlaat aan die man wat ná my sal wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek was moeg vir alles waarvoor ek in hierdie wêreld hard gewerk het, want ek moet dit alles nalaat aan die een wat ná my kom.
Afrikaans 1933/1953
En ek het gehaat al my arbeid wat ek onder die son met moeite verrig het, dat ek dit moet oorlaat aan 'n mens wat nmy sal kom.
Afrikaans 1983
Ek het alles gehaat waarmee ek my in hierdie wêreld met soveel sorg besig gehou het, want ek moet dit nalaat aan dié een wat ná my kom,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het 'n weersin gekry in al die inspanning waarmee ek my onder die son afgesloof het – dat ek dit moet nalaat aan die een wat ná my kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het ook begin om al my harde werk in hierdie wêreld te haat, want iemand wat ná my lewe, sal alles kry waarvoor ek hard gewerk het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Alles wat ek in my lewe bereik het, het ek begin verafsku omdat my opvolger die vrug daarvan gaan pluk.