Ecclesiastes 2:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En wie weet of hy 'n wyse of 'n dwaas sal wees? nogtans sal hy heers oor al my moeitevolle arbeid waarin ek vermoei het en waarin ek my wys gemaak het onder die son. Dit is ook ydelheid.
Afrikaans (NLV) 2011
En wie sal weet of hy ’n wyse of dwaas gaan wees? En tog sal hy beheer uitoefen oor alles wat ek met moeite en wysheid onder die son tot stand gebring het. Dit alles is dus sinloos!
Afrikaans 1933/1953
En wie weet of hy 'n wyse sal wees of 'n dwaas? Tog sal hy heers oor al my arbeid wat ek met moeite verrig en met wysheid verwerf het onder die son. Ook dit is dan tevergeefs.
Afrikaans 1983
en wie weet of hy 'n wyse of 'n dwase mens sal wees? Tog sal hy beskik oor alles wat ek met sorg en oorleg in hierdie wêreld bymekaargemaak het. Dit kom dus ook tot niks.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En wie weet of hy 'n wyse man sal wees of 'n dwaas? Hy gaan beheer hê oor alles waarvoor ek my ingespan het, waarvoor ek my afgesloof het en wat ek onder die son met wysheid uitgevoer het. Ook dit is sinloos.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
En niemand weet of daardie persoon 'n wyse mens of 'n dwaas sal wees nie. Maar hy sal kan doen wat hy wil met alles waarvoor ek met wysheid hard gewerk het in hierdie wêreld. Ook dít is nie soos dit moet wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
En niemand weet of hy wys of dwaas gaan wees nie. Een ding is egter seker: hy sal alles besit en geniet waarvoor ek hard gewerk het. Dit wat ek deur my wysheid vermag het, sal hy net so oorneem. Dít wys net hoe sinloos die lewe werklik is.