Ecclesiastes 2:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom het ek gegaan om my hart te laat wanhoop oor al die arbeid wat ek onder die son gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het dus opgehou om myself tot wanhoop te dryf oor alles waarmee ek met soveel moeite onder die son my besig gehou het.
Afrikaans 1933/1953
Daarom het ek my begewe om my hart aan wanhoop oor te gee vanweë al die arbeid wat ek met moeite verrig het onder die son.
Afrikaans 1983
Ek het in vertwyfeling geraak oor alles waarmee ek my met soveel sorg in hierdie wêreld besig gehou het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het my hart aan vertwyfeling oorgegee, oor al die inspanning waarmee ek my onder die son afgesloof het;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het moedeloos geword toe ek dink aan al die harde werk wat ek in hierdie wêreld gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom het ek oor die sin van al my geswoeg op aarde begin twyfel.