Ecclesiastes 2:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want wat het die mens van al sy moeitevolle arbeid en van die gekweldheid van sy hart, waarin hy gewerk het onder die son?
Afrikaans (NLV) 2011
Wat kry die mens vir al sy harde werk waarmee hy hom met soveel ywer onder die son vermoei?
Afrikaans 1933/1953
Want wat het die mens vir al sy arbeid en vir die strewe van sy hart waarmee hy hom vermoei onder die son?
Afrikaans 1983
Wat het die mens nou eintlik aan alles waarmee hy hom met soveel sorg en ywer in hierdie wêreld besig hou?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ja, wat kry 'n mens vir al sy inspanning en die strewe van sy hart waaroor hy besorg was onder die son?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wat kry 'n mens vir al sy harde werk in hierdie wêreld? Wat kry hy vir alles wat hy wou doen?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wat is dan die sin van al ons harde werk? Wat het ’n mens van al sy ideale en sy geswoeg op aarde?