Ecclesiastes 2:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want al sy dae is smarte en sy barensnood droefheid; ja, sy hart rus nie in die nag nie. Dit is ook ydelheid.
Afrikaans (NLV) 2011
Sy hele lewe is vol pyn en leed. En alles wat hy onderneem, is verdriet. Selfs in die nag kry hy nie rus nie. Ook dit is alles sinloos.
Afrikaans 1933/1953
Want al sy dae is smarte, en sy bemoeienis is verdriet; selfs snags rus sy hart nie. Dit is dan ook tevergeefs.
Afrikaans 1983
Elke dag bring vir hom pyn en elke onderneming ergernis; selfs snags kom hy nie tot rus nie. Ook dit kom tot niks.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want al sy dae is vol lyding, en sy taak is vir hom 'n verdriet – selfs snags kom sy hart nie tot rus nie. Ook dit is sinloos.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
So 'n mens het elke dag pyn, hy geniet niks wat hy doen nie, hy rus ook nie in die nag nie. Ook dít is nie soos dit moet wees nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Mens bring al sy dae deur in hartseer en bekommernis. Selfs nie eens in die nag kry jy rus nie. Alles is sinloos. Absoluut alles.