Ecclesiastes 2:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daar is niks beters vir 'n mens nie as dat hy eet en drink, en dat hy sy siel goed laat geniet in sy arbeid. Dit het ek ook gesien, dat dit uit die hand van God was.
Afrikaans (NLV) 2011
Daar is vir die mens niks goeds behalwe dat hy kan eet en drink en ten spyte van sy arbeid nog die goeie kan geniet nie. Ek het besef dit is ’n gawe wat uit God se hand kom.
Afrikaans 1933/1953
Dit is nie 'n goed wat in die mens kleef dat hy eet en drink en sy siel die goeie laat geniet by sy moeitevolle arbeid nie. Ek het gesien dat dit ook kom uit die hand van God.
Afrikaans 1983
Dit is nie aan die mens self te danke dat hy kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet nie. Ek het ingesien dat dit 'n gawe uit die hand van God is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daar is niks beter vir die mens as dat hy eet en drink en sy keel laat geniet wat goed is vir sy inspanning nie. Ook dit het ek ingesien: Dit is uit die hand van God,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die beste wat 'n mens kan doen, is dat hy kan eet en drink en dinge kan geniet waarvoor hy hard gewerk het. Ek het gesien dat dit iets is wat God vir 'n mens gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die beste ding wat met enige mens kan gebeur, is om te eet en te drink en iets van sy harde werk te geniet. En ek het agtergekom dat ook dit uit God se hand kan kom.