Ecclesiastes 2:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het in my hart gesoek om myself aan wyn te gee, maar ek het my hart met wysheid vergewis; en om die dwaasheid aan te gryp totdat ek sou sien wat daardie goed was vir die mensekinders wat hulle onder die hemel sou doen al die dae van hulle lewe.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het gewonder wat sal gebeur as ek my liggaam met wyn verkwik, terwyl my verstand my met wysheid begelei, as ek dwaasheid vir ’n tyd omarm tot ek vasgestel het wat die beste is waarmee ’n mens hom sy lewe lank onder die hemel besig kan hou.
Afrikaans 1933/1953
Ek het in my hart daaroor nagedink om my liggaam met wyn te verkwik -- terwyl my hart my met wysheid sou lei -- en om aan die dwaasheid vas te hou totdat ek sou sien wat goed is vir die mensekinders, wat hulle moet doen onder die hemel gedurende die getal van hulle lewensdae.
Afrikaans 1983
Ek het gewonder wat sal gebeur as ek my aan wyn oorgee maar tog nog op soek bly na wysheid, as ek soos 'n dwaas leef totdat ek vasgestel het wat die beste is waarmee 'n mens hom sy lewe lank in hierdie wêreld besig kan hou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het dit ernstig oorweeg om my liggaam met wyn op te beur, terwyl my hart my met wysheid lei, en om aan dwaasheid vas te hou totdat ek sou sien wat goed is vir mense, wat hulle onder die hemel moet doen gedurende hulle min lewensdae.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe het ek gedink dat ek moet kyk wat gebeur wanneer ek baie wyn drink en probeer om 'n dwaas te wees. Ek wou probeer om 'n dwaas te wees, maar ek wou nie my wysheid verloor nie. Ek wou uitvind wat goed is vir mense en wat hulle moet doen terwyl hulle lewe in hierdie wêreld.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Omdat ek na insig in die lewe gesmag het, het ek my toe aan wyn en genot oorgegee. Ek wou vasstel wat goed is vir ’n mens en wat nie.