Ecclesiastes 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het vir my diensknegte en diensmeisies gekry, en diensknegte het in my huis gebore; Ek het ook groot besittings gehad van groot en klein vee bo alles wat voor my in Jerusalem was.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het slawe en slavinne aangekoop. Ander is as slawe in my huis gebore. Ek het groot troppe beeste en kleinvee besit, meer as enigeen wat voor my in Jerusalem geleef het.
Afrikaans 1933/1953
Ek het slawe en slavinne gekoop en ook die verkry wat in my huis gebore is; ek het ook 'n groot besitting van beeste en kleinvee gehad, meer as almal wat voor my in Jerusalem gewees het.
Afrikaans 1983
Ek het slawe en slavinne aangeskaf, en hulle het kinders gekry wat ook my slawe was. Ek het baie beeste en kleinvee gehad, meer as almal voor my in Jerusalem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het slawe en slavinne gekoop, en slawekinders wat in my huis gebore is, was ook deel van my besittings. Ek het meer beeste en kleinvee gehad as almal wat voor my in Jerusalem was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
ek het slawe en slavinne gekoop, en my slawe het kinders gekry, ek het meer skape en bokke gehad as almal wat voor my in Jerusalem regeer het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Verder het ek ’n groot klomp werkers, mans en vroue, in diens geneem en hulle kinders my eiendom gemaak. Ek het ook groot troppe vee vir my gekoop, meer as wat enige koning voor my gehad het.