Ecclesiastes 2:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het vir my ook silwer en goud bymekaargemaak, en die besondere skat van konings en van die provinsies: ek het vir my sangers en sangeresse en die genot van die mensekinders, as musiekinstrumente en allerhande soorte.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het baie silwer en goud vir myself bymekaargemaak, asook ’n skat van konings en provinsies. Ek het sangers en sangeresse aangestel, en die dinge bekom waarmee mense die lewe geniet, naamlik een meisie na die ander.
Afrikaans 1933/1953
Ek het vir my ook silwer en goud versamel, en 'n eiendom van konings en provinsies; ek het vir my sangers en sangeresse verskaf en die genoeëns van die mensekinders: lieflinge in menigte.
Afrikaans 1983
Ek het vir my silwer en goud opgegaar wat ek gekry het van konings en provinsies. Ek het vir my sangers en sangeresse gewerf, talle mooi meisies met wie ek die lewe kon geniet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het ook vir my silwer en goud, die privaatbesit van konings, en provinsies, bymekaargemaak. Ek het vir my sangers en sangeresse aangeskaf, en die genot van mensekinders: baie byvroue!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het silwer en goud bymekaargemaak en ook die goed wat ander konings en die distrikshoofde vir my gegee het. Ek het mans en vroue gekry wat vir my sing, ek het alles gekry wat 'n mens kan geniet, ook byvroue.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hope silwer en goud het ek bymekaargemaak. Ek het talle sangers en sangeresse aangestel, en baie mooi meisies gekry om my gelukkig te hou.