Ecclesiastes 3:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek weet dat daar geen goed in hulle is nie, maar dat 'n mens bly is en goed doen in sy lewe.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het besef daar is vir mense niks beter nie as om vrolik te wees en tydens sy lewe die goeie te geniet.
Afrikaans 1933/1953
So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe.
Afrikaans 1983
Ek het tot die insig gekom dat daar vir 'n mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het besef dat daar tussen hulle niks beter is nie as om vreugde te ervaar en die goeie te geniet in die lewe –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek weet nou dat dit die beste vir 'n mens is om vrolik te wees en die lewe te geniet terwyl hy lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe het ek besef al wat die mens maar moet doen, is om gelukkig te wees en die lewe te geniet.