Ecclesiastes 3:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het in my hart gesê: God sal die regverdige en die goddelose oordeel, want daar is 'n tyd vir elke doel en vir elke werk.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe het ek by myself gedink: “God spreek reg oor die regverdige en goddelose, want daar is ’n tyd vir elke saak, ook vir alles wat gedoen word.”
Afrikaans 1933/1953
Ek het in my hart gesê: God sal die regverdige en die goddelose oordeel, want dr is 'n tyd vir elke saak en vir elke werk.
Afrikaans 1983
Ek het by myself gedink: God spreek reg oor regverdige en onregverdige; daar is 'n tyd vir elke saak, ook vir wat in die regspraak gebeur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het in my hart gesê: God sal die regverdige en die goddelose oordeel oor elke optrede daar, want daar is 'n tyd vir elke saak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het gedink God sal die persoon oordeel wat reg lewe en Hy sal ook die persoon oordeel wat verkeerd doen. Hy sal altwee oordeel, want Hy het besluit dat daar vir elke ding 'n regte tyd is om te gebeur en 'n regte tyd om dit te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het gedink daar is ’n tyd om te oordeel en ’n tyd om te straf, en dat God mense wat doen wat Hy sê en sondaars billik sal oordeel.