Ecclesiastes 3:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het in my hart gesê aangaande die toestand van die mensekinders, dat God hulle kan openbaar en dat hulle kan sien dat hulle self diere is.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het besef God laat mense toe om in hulle boosheid te volhard, want Hy toets hulle. So kan hulle insien dat hulle niks beter is as diere nie.
Afrikaans 1933/1953
Ek het in my hart gesê: Ter wille van die mensekinders gebeur dit, dat God hulle kan beproef, en dat hulle kan insien dat hulle in hulleself vee is.
Afrikaans 1983
Ek het by myself gedink: dit is ter wille van die mense self dat God hulle toets; hulle moet insien dat hulle niks anders as diere is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het in my hart gesê: Wat mense betref – God toets hulle sodat hulle kan insien dat hulle self diere is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het gedink dat God die mense wil toets en vir hulle wil wys dat hulle soos diere is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar dit sal ongelukkig nie gebeur nie, want volgens God is ons niks beter as ’n dier nie.