Ecclesiastes 3:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wie ken die gees van die mens wat boontoe opgaan, en die gees van die dier wat afgaan na die aarde?
Afrikaans (NLV) 2011
Wie weet of die asem van die mens boontoe gaan en diere se asem afgaan na die aarde toe?
Afrikaans 1933/1953
Wie bespeur dat die asem van die mensekinders opgaan boontoe, en dat die asem van die veediere neerdaal ondertoe in die aarde?
Afrikaans 1983
Wie weet of die asem van die mens opstyg boontoe en of die asem van die dier afgaan onder toe?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wie weet of dit die lewensasem van mense is wat na bo styg, en of dit die lewensasem van diere is wat na onder daal, na die grond?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Wie weet of mense se asem boontoe gaan en of diere se asem afgaan in die aarde? Niemand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wie weet of die mens se asem opstyg en of die dier s’n in die aarde in wegsink?