Ecclesiastes 5:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die slaap van 'n arbeidende man is soet, of hy min of baie eet; maar die oorvloed van die rykes sal hom nie laat slaap nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Daar is ook nog ’n ander ernstige probleem wat ek gesien het: Party mense gaar besittings op tot hulle eie ellende.
Afrikaans 1933/1953
Daar is 'n smartlike onheil wat ek onder die son gesien het: rykdom wat deur sy besitter bewaar word tot sy eie ongeluk.
Afrikaans 1983
Ek het in hierdie wêreld 'n bitter swaar ding gesien: dat 'n man rykdom opgaar en dit vir hom ellende bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daar is 'n siek euwel wat ek gesien het onder die son: rykdom wat deur die besitter bewaar is tot sy eie nadeel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het gesien daar gebeur 'n baie slegte ding in hierdie wêreld: Iemand maak baie goed bymekaar, maar daardie goed laat dit sleg gaan met hom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het ’n verskriklike ding in hierdie lewe sien gebeur: mense spaar hulle geld, maar dan verloor hulle dit in ’n oogwink.