Ephesians 1:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sodat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee.
Afrikaans (NLV) 2011
dat die God van ons Here Jesus Christus — die Vader aan wie al die heerlikheid behoort — aan julle geestelike wysheid en insig sal gee deurdat julle Hom persoonlik ken.
Afrikaans 1933/1953
dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,
Afrikaans 1983
bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dan bid ek dat die God van ons Here Jesus •Christus, die Vader van die heerlikheid, vir julle dit sal gee: geestelike wysheid en openbaring, wat in die kennis van Hom bestaan,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dan vra ek vir die God van ons Here Jesus Christus, vir die Vader wat Koning is, Hy moet vir julle wysheid gee en Hy moet vir julle wys hoe julle Hom kan ken.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek vra God, ons wonderlike en groot Vader, die God van ons Here Jesus Christus, om deur sy Gees vir julle die kennis te gee wat julle nodig het om in hierdie lewe reg op te tree. Ek vra ook dat julle Hom al hoe beter sal leer ken deur alles wat Hy vir julle sal duidelik maak.