Ephesians 1:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die oë van jou verstand word verlig; sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping is en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is,
Afrikaans (NLV) 2011
Mag God julle harte so verlig dat julle sal insien watter wonderlike vooruitsig sy roeping inhou. Mag julle insien hoe ’n ryk heerlikheid dit is dat God sy eie mense vir Hom as ’n erfdeel verkry het.
Afrikaans 1933/1953
verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;
Afrikaans 1983
Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en dat die oë van julle harte verlig mag wees, sodat julle kan insien wat die hoop is wat sy roeping bied, wat die heerlike rykdom van sy erfenis vir die heiliges behels,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek bid dat God julle sal help om regtig te weet wat julle sal kry omdat Hy julle gekies het om aan Hom te behoort. Julle sal al die dinge kry wat Hy, die Koning, sal gee vir die mense wat aan Hom behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek bid verder dat God julle geestelike oë sal oopmaak sodat julle sal kan besef wat julle van Hom kan verwag noudat Hy julle na Hom toe geroep het. God gaan vir julle, as sy spesiale kinders, gee wat Syne is. Hy gaan julle skatryk maak.