Ephesians 1:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En wat is die uitnemende grootheid van sy krag vir ons wat glo, volgens die werking van sy magtige krag,
Afrikaans (NLV) 2011
Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik vir ons wat glo. Dieselfde magtige sterkte was ook aan die werk
Afrikaans 1933/1953
en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte
Afrikaans 1983
en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
wat die onvergelykbare grootheid van sy mag is, vir ons wat glo ooreenkomstig die werking van sy groot krag,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek bid ook dat julle sal weet dat God se krag baie sterk is, en dat Hy sy krag in ons lewens gebruik, in ons wat glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
[19-21] Verder bid ek ook dat julle sal agterkom dat die krag van God wat in ons werk sterker as enigiets anders is. Ons het gesien hoe geweldig daardie krag regtig is toe God Jesus uit die dood laat opstaan en vir Hom die belangrikste plek in die hemel gegee het. Daardie selfde krag werk ook in ons as Christene. Nou regeer Jesus natuurlik oor al wat mag of regeerder of koning is. Niemand, ek herhaal, niemand en niks sal ooit belangriker of sterker as Jesus kan wees nie; nie nou nie en ook nie in die toekoms nie.