Ephesians 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus:
Afrikaans (NLV) 2011
Prys God, die Vader van ons Here Jesus Christus, voortdurend, want Hy is wonderlik goed vir ons! Deur wat Christus gedoen het, het Hy ons geseën met elke geestelike seëning wat daar in die hemelsfere is.
Afrikaans 1933/1953
Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseënhet met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,
Afrikaans 1983
Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Lofwaardig is die God en Vader van ons Here Jesus Christus! Dit is Hy wat ons in Christus geseën het met elke geestelike seëning in die hemel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons prys die God en Vader van ons Here Jesus Christus, want God was baie goed vir ons. Ons behoort aan Christus, en die Heilige Gees het vir ons al die goeie dinge gegee wat in die hemel is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Laat ons nie ophou om God, die Vader van ons Here Jesus Christus, te loof en groot te maak nie. Omdat ons Jesus s’n is, het God ons - wat eintlik niks was nie - baie belangrik kom maak. Hy het vir ons al die geestelike dinge gegee wat by God die moeite werd is vir ’n mens om te hê.