Ephesians 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Tot lof van die heerlikheid van sy genade waarin Hy ons aangeneem het in die geliefde.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarom prys ons God se grootheid. Deur sy Seun wat Hy liefhet, het Hy genade aan ons gegee.
Afrikaans 1933/1953
tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.
Afrikaans 1983
Daarom moet ons God prys vir sy wonderlike genade wat Hy in die Geliefde vrylik aan ons geskenk het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
tot lof van die heerlikheid van sy genade, waarmee Hy ons in die Geliefde begenadig het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God was baie goed vir ons, Hy het sy Seun gestuur, Hy is lief vir sy Seun. Daarom prys ons Hom, die Koning wat goed is vir ons.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom moet ons vir ander vertel hoe wonderlik en groot God is en wat Hy alles vir ons gedoen het. Ons het niks verdien nie, maar God het dit verniet vir ons kom gee. Ek sê weer: Jesus, vir wie God so lief is, het kom sorg dat dit alles gebeur.