Ephesians 2:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar nou in Christus Jesus is julle wat soms ver was, naby gemaak deur die bloed van Christus.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar nou het julle wat toe ver weg was, deur julle verhouding met Christus naby gekom. Dit is moontlik gemaak deur Christus se dood aan die kruis.
Afrikaans 1933/1953
Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.
Afrikaans 1983
Maar nou is julle een met Christus Jesus. Julle wat vroeër ver van God gelewe het, het nou naby gekom deur die bloed van Christus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar nou, in Christus Jesus, het julle, wat destyds ver weg was, naby gekom deur die bloed van Christus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar nou het julle naby God gekom, julle wat voorheen ver van Hom was. Christus Jesus het vir julle gesterf en Hy het julle naby God gebring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar nou is julle deel van die mense wat aan Christus Jesus behoort. Julle was eens so ver van God af. Maar Jesus het vir julle gesterf en sy bloed vir julle gegee sodat julle nou naby God kan wees.