Ephesians 2:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dat hy beide in een liggaam met God kan versoen deur die kruis, nadat hy die vyandskap daardeur gedood het.
Afrikaans (NLV) 2011
Ja, deur sy dood aan die kruis het Hy die vyandskap beëindig. Só het Hy albei groepe in een liggaam met God versoen.
Afrikaans 1933/1953
en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.
Afrikaans 1983
Deur sy dood aan die kruis het Hy 'n einde gemaak aan die vyandskap en dié twee met God versoen en tot een liggaam verenig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en sodat Hy albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, deurdat Hy daaraan die vyandskap vernietig het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe Christus aan die kruis gesterf het, het Hy die sonde van die Jode en die heidene weggeneem, sodat alles nou reg is tussen God en hulle. Die Jode en die heidene is nou soos een liggaam, hulle is nie meer vyande van mekaar nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarvoor was Hy bereid om sy lewe aan die kruis te gee. Dit het die mense laat besef dat hulle met mekaar in vrede moet leef.