Ephesians 2:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
en is gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is;
Afrikaans (NLV) 2011
wat gebou is op die fondament wat die apostels en die profete gelê het. Christus Jesus is self die hoekklip
Afrikaans 1933/1953
gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is,
Afrikaans 1983
Julle is 'n gebou wat opgerig is op die fondament van die apostels en die profete, 'n gebou waarvan Christus Jesus self die hoeksteen is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
gebou op die fondament van die •apostels en profete, met •Christus Jesus self as hoeksteen.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle is die kerk, julle is soos 'n gebou. Die fondament van die gebou is die apostels en die profete, en Christus Jesus is self die belangrikste klip in die gebou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Of laat ek die beeld van die bou van ’n huis gebruik. Julle is deel van die gebou wat God in hierdie wêreld aan die bou is. Die fondament van die gebou is die boodskap oor Jesus wat julle gehoor het van die manne wat deur God gestuur is en namens Hom praat. Die belangrikste steen in die gebou, waarsonder die gebou sommer inmekaar sal val, is Jesus self. Omdat ons almal Jesus s’n is en Hy ons Here is, vorm ons almal saam ’n sterk en stewige gebou.