Ephesians 2:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Hy het ons saam opgewek en ons saam laat sit in die hemele in Christus Jesus.
Afrikaans (NLV) 2011
Omdat ons aan Christus Jesus verbind is, het God ons saam met Hom opgewek en saam met Hom ’n sitplek in die hemel gegee.
Afrikaans 1933/1953
en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,
Afrikaans 1983
Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ja, Hy het ons in Christus Jesus saam opgewek, en saam laat sit in die hemel,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons behoort aan Christus Jesus. God het vir Christus weer laat lewe en Hy het ons ook weer laat lewe. God het vir Christus 'n plek in die hemel gegee en Hy het vir ons ook 'n plek in die hemel gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Saam met Jesus is ons, wat soos dooie mense nie eens van God geweet het nie, lewend gemaak. Saam met Christus Jesus sit ons ook nou op ’n spesiale plek by God in die hemel.