Ephesians 2:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Nie uit werke nie, sodat niemand mag roem nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Dit is nie die gevolg van julle dade nie. Niemand kan daaroor grootpraat nie,
Afrikaans 1933/1953
nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.
Afrikaans 1983
Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit kom nie uit eie werke nie, sodat niemand op iets mag roem nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
God het julle gered, maar Hy het dit nie gedoen omdat julle goeie dinge gedoen het nie. Daarom mag niemand spog nie,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit is nie iets wat ons self reggekry het of kon doen nie: God het dit vir ons verniet gegee. Dit is nie iets waaroor enigeen van julle kan loop en spog nie, want dit is nie asof julle self daarvoor gewerk of dit verdien het nie.