Ephesians 5:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as dwase nie, maar as wyse,
Afrikaans (NLV) 2011
Wees dus baie versigtig hoe julle lewe. Moenie soos dwase mense leef nie, leef wys!
Afrikaans 1933/1953
Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse;
Afrikaans 1983
Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Let daarom sorgvuldig op hoe julle leef – nie as onverstandiges nie, maar as wyses.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom moet julle seker wees dat julle reg lewe. Julle moet die regte dinge doen en sê. Julle moenie verkeerde dinge doen en sê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wees baie versigtig hoe julle leef. Leef soos mense wat weet wat God van ’n sinvolle lewe verwag en nie soos mense wat niks daarvan weet nie.