Esther 1:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Op die sewende dag, toe die hart van die koning vrolik was van die wyn, het hy bevel gegee aan Mehuman, Bistha, Harbona, Bigta en Abagta, Setar en Karkas, die sewe hofmanne wat in die teenwoordigheid van koning Ahasveros gedien het,
Afrikaans (NLV) 2011
Teen die sewende dag was die koning al goed vrolik van die wyn. Hy het sy sewe persoonlike paleisbeamptes nadergeroep. Hulle was Mehuman, Bisseta, Garbona, Bigta, Abagta, Setar en Karkas.
Afrikaans 1933/1953
Op die sewende dag, toe die hart van die koning vrolik was van die wyn, het hy aan Mehuman, Bista, Harbona, Bigta en Ab gta, Setar en Karkas, die sewe hofdienaars wat voor koning Ahasv,ros gedien het, gesê
Afrikaans 1983
Op die sewende dag, toe die koning baie vrolik was van die wyn, het hy sewe paleisbeamptes geroep: Mehuman, Bisseta, Garbona, Bigta, Abagta, Setar en Karkas.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Op die sewende dag, toe die koning vrolik was van die wyn, het hy vir Mehuman, Bisseta, Garbona, Bigta, Abagta, Setar en Karkas – sewe van die eunugs wat koning Ahasveros persoonlik bedien het – gesê
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Op die sewende dag van sy fees het die koning vrolik gevoel van die wyn. Hy het die sewe manne geroep wat in die paleis vir hom gewerk het. Hulle was Mehuman, Bisseta, Garbona, Bigta, Abagta, Setar en Karkas.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Op die sewende dag van die onthaal het die koning, wat toe al redelik dronk was, sewe van sy paleisbeamptes geroep. Hulle was Mehuman, Bisseta, Garbona, Bigta, Abagta, Setar en Karkas.