Esther 1:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
om Vasti, die koningin, voor die koning met die koninklike kroon te bring, om die volk en die vorste haar skoonheid te wys, want sy was mooi om aan te sien.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het hulle aangesê om koningin Vasti met haar koninklike kroon op haar kop na hom toe te laat kom. Hy wou hê al die mense en die hoë amptenare moes sien hoe mooi sy is. Sy was beeldskoon.
Afrikaans 1933/1953
dat hulle koningin Vasti met die koninklike kroon op voor die koning moet bring om haar skoonheid aan die volke en die vorste te toon, want sy was mooi van aansien.
Afrikaans 1983
Hy het hulle beveel om koningin Vasti, met haar kroon op, na hom toe te laat kom sodat hy vir al die mense, al die hoë amptenare, kon wys hoe mooi sy is. Sy was 'n baie mooi vrou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
om koningin Vasti te gaan haal. Sy moes met haar hooftooisel voor die koning haar skoonheid aan die gewone mense en die hoë amptenare vertoon, want sy was beeldskoon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning het gesê hulle moet vir koningin Vasti na hom toe bring, en sy moet haar kroon op haar kop dra. Hy wou vir al die amptenare en vir al die mense wys hoe mooi sy is. Sy was 'n baie mooi vrou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het hulle beveel om koningin Vasti, met haar kroon op, na hom toe te bring. Die koningin was ’n pragtige vrou en die koning wou graag by al sy hoë amptenare en gaste met haar skoonheid spog.