Esther 1:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar die koningin Vasti het geweier om te kom op bevel van die koning deur sy hofdienaars; daarom het die koning baie kwaad geword, en sy toorn het in hom ontvlam.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe koningin Vasti by die amptenare hoor wat die koning sê, het sy geweier om te kom. Die koning het baie kwaad geword. Hy het gekook van woede.
Afrikaans 1933/1953
Maar koningin Vasti het geweier om te kom op die bevel van die koning deur middel van die hofdienaars aan haar oorgebring. Toe het die koning baie kwaad geword, en sy woede het in hom ontvlam.
Afrikaans 1983
Koningin Vasti het egter geweier om te kom soos die koning haar deur sy paleisbeamptes beveel het. Toe het die koning baie kwaad geword. Hy was woedend
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar koningin Vasti het geweier om te gaan soos die koning haar deur die eunugs beveel het. Die koning het hom bloedig vererg; hy was briesend kwaad.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar koningin Vasti wou nie kom toe die koning haar laat roep het nie, en die koning het kwaad geword, baie kwaad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe die beamptes vir koningin Vasti gaan sê dat sy na die koning toe moet kom, het sy geweier. Dit het die koning woedend gemaak.