Esther 1:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe sê die koning aan die wyse manne wat die tye geken het, want so was die koning se houding teenoor almal wat wet en reg geken het:
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het met sy verstandige raadgewers gepraat. Hulle het die gebruike en gewoontes, die wet en die reg geken. Die koning het hulle altyd geraadpleeg.
Afrikaans 1933/1953
En die koning het aan die wyse manne, die kenners van die tye, gesê -- want so word die sake van die koning aan al die kenners van wet en reg voorgelê;
Afrikaans 1983
en het raad gevra by sy adviseurs wat geweet het hoe en wanneer om op te tree, want dit was gebruiklik dat die koning die kenners van wet en reg sou raadpleeg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die koning het toe die wyse manne geraadpleeg, kenners van die tradisies, want dit was die koning se gebruik om sake aan kenners van die wet en regspraak voor te lê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het gepraat met die slim mense wat vir hom gehelp het om te besluit, want die koning het altyd vir die mense wat die wette geken het, gevra wat hy moet doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het toe, soos sy gebruik in moeilike situasies was, raad gevra by sy adviseurs wat al die Persiese wette en gebruike geken het.