Esther 1:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die volgende na hom was Karsena, Setar, Admata, Tarsis, Meres, Marsena en Memukan, die sewe vorste van Persië en Medië wat die koning se aangesig gesien het en die eerstes in die koninkryk gesit het.
Afrikaans (NLV) 2011
Karsena, Setar, Admata, Tarsis, Meres, Marsena en Memukan was die koning se vertrouelinge. Die sewe mans was hoofamptenare van Persië en Medië wat direkte toegang tot die koning gehad het. Hulle het die hoogste poste in die koninkryk beklee.
Afrikaans 1933/1953
en die naaste aan hom was: Kars,na, Setar, Adm ta, Tarsis, Meres, Mars,na, Memugan, die sewe vorste van die Perse en Meders wat die aangesig van die koning gesien het, wat vooraan gesit het in die koninkryk --
Afrikaans 1983
Karsena, Setar, Admata, Tarsis, Meres, Marsena en Memukan was by die koning. Hulle was die sewe hoofamptenare van Persië en Medië wat direkte toegang tot die koning gehad het en die hoogste poste in die koninkryk beklee het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Onder hulle was die koning se belangrikste raadgewers, Karsena, Setar, Admata, Tarsis, Meres, Marsena en Memugan, sewe hoë amptenare van die Perse en Meders wat spesiale toegang tot die koning gehad het en die voorste inwoners van die koninkryk was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die sewe amptenare van Persië en Medië was naby die koning. Hulle was Karsena, Setar, Admata, Tarsis, Meres, Marsena en Memukan. Hulle was die belangrikste amptenare in die land en hulle kon self met die koning praat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die persone by wie hy die meeste van die tyd raad gevra het, was Karsena, Setar, Admata, Tarsis, Meres, Marsena en Memukan, die sewe hoofamptenare van Persië en Medië. Hulle het direkte toegang tot die koning gehad en ook die belangrikste posisies in sy koninkryk beklee.