Esther 1:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Wat moet ons volgens die wet met die koningin Vasti doen, omdat sy nie die bevel van koning Ahasveros deur die hofdienaars uitgevoer het nie?
Afrikaans (NLV) 2011
“Volgens die wet, hoe moet met Vasti gehandel word?” vra hy hulle. “Sy wou nie gehoorsaam wees aan die opdrag wat koning Ahasveros amptelik deur sy paleisbeamptes aan haar gegee het nie.”
Afrikaans 1933/1953
wat moet volgens wet gedoen word met koningin Vasti, omdat sy die bevel van koning Ahasv,ros, deur middel van sy hofdienaars, nie opgevolg het nie?
Afrikaans 1983
Hy vra hulle toe: “Wat moet volgens wet gedoen word met koningin Vasti wat nie gehoorsaam was aan die bevel van die koning deur sy paleisbeamptes nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het hulle gevra: “Volgens wet, wat moet met koningin Vasti gedoen word?” Sy het immers nie koning Ahasveros se bevel, soos deur die eunugs oorgedra, uitgevoer nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die koning het vir hulle gevra: “Wat sê die wette, wat moet ek doen met koningin Vasti? Sy het nie geluister toe ek die manne gestuur het om haar te roep nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy sê toe vir hulle: “Ek, koning Ahasveros, het my amptenare na koningin Vasti toe gestuur met ’n opdrag, en sy het geweier om dit uit voer! Wat moet ons volgens die wet met haar doen?”