Esther 1:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Memukan het voor die koning en die vorste geantwoord: Koningin Vasti het nie net die koning onreg aangedoen nie, maar ook aan al die vorste en aan al die volk wat in al die provinsies van koning Ahasveros is.
Afrikaans (NLV) 2011
Memukan sê toe vir die koning en sy hoë amptenare: “Dit is nie net teen die koning alleen wat koningin Vasti oortree het nie, maar tegelykertyd ook teen al die hoë amptenare en al die volke in al die provinsies van die koning.
Afrikaans 1933/1953
Toe sê Memugan voor die koning en die vorste: Nie alleen teen die koning het koningin Vasti misdaan nie, maar ook teen al die vorste en al die volke wat in al die provinsies van koning Ahasv,ros is.
Afrikaans 1983
Toe sê Memukan vir die koning en die hoë amptenare: “Koningin Vasti het nie net teen die koning verkeerd opgetree nie, maar ook teen al die hoë amptenare en al die mense in al die provinsies van die koning.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Memugan het in die teenwoordigheid van die koning en die raadgewers gesê: “Dit is nie net teenoor die koning wat koningin Vasti verkeerd opgetree het nie, maar ook teenoor al die hoë amptenare en al die mense in al koning Ahasveros se provinsies;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Memukan het vir die koning en die amptenare gesê: “Koningin Vasti het verkeerd gedoen teen die koning, en sy het ook verkeerd gedoen teen al die amptenare en teen al die mense in die provinsies van die koning.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe sê Memukan vir die koning en sy hoë amptenare: “Koningin Vasti het nie net die koning beledig nie, maar ook elke amptenaar en elke mens in die koninkryk.